Wat wil jy skep of kweek?

Vir sensitiewe, kreatiewe en hoë presterende persone wat hulle lewe met helderheid en sorg wil benader.

Ontsluit jou sukses en welstand binne jou unieke bedrading, ritmes en behoeftes.

Reflectioneer Coaching kan jou help met:

  • Gegronde selfbeeld
  • Gesonde ritmes, grense & keuses
  • Veerkragtigheid te midde van uitdagings
  • Beter verhoudings & leierskap
  • Dapper intimiteit & gesonder strategieë vir julle as paartjie
Kontak Renier om saamwerk te verken

Gegrond in bewuswees | Trauma-, ADHD- en HSP-ingelig

Personal Growth Coach - Renier Cronje

Reflektiewe Lewens- & Leierskapsafrigter

  • 2011 Professionele Consciousness Coaching Diploma (geakkrediteer deur die International Coaching Federation)
  • 2011 Geakkrediteerde Integrative Enneagram praktisyn (Integrative Enneagram solutions)
  • 1999-2004 BTh & MDiv in Godsdiensstudies (Universiteit van Stellenbosch)

Renier Cronje | Reflectioneer Coaching

Jou reflektiewe spieël & denkvennoot.

As ’n geakkrediteerde Enneagrampraktisyn en afrigter werk ek saam met jou om bewustheid te verdiep en jou vermoë vir deurdagte, doelgerigte optrede te versterk in diens van dit wat jy wil skep en kweek.

My afrigtingstyl is deernisvol, nie-veroordelend, en ingestel op jou unieke wêreldbeskouing, waardes en lewenservaring, met ondersteuning vir dit wat die belangrikste is vir jou.